Enkelvoertuig-ongeluk eis baba en twee volwassenes naby Worcester

Drie mense is Sondag in ’n ongeluk dood. Foto: One-Way Towing


Twee volwassenes en ’n baba is Sondag (8 Oktober) in ’n gru-ongeluk dood. Nog ‘n passasier is beseer.

Die noodlottige ongeluk het Sondag om 14:32 in die Scherpheneuwel-omgewing gebeur. Volgens inligting wat Standard ontvang het, het die motor gerol. Dit is nog onduidelik wat die oorsaak was.

Volgens die polisie was geen ander voertuie by die voorval betrokke nie.

“Met die polisie se aankoms op die toneel – nadat hulle oor die ongeluk ingelig is – was paramedici reeds op die toneel. Die motor, ’n blou Toyota Tazz, het teen ’n boom langs die pad gebots. Die lyke van die oorledenes moes uit die wrak gesny word. Die oorlewende passasier is hospitaal toe geneem,” het AO Vathiswa Jacobs, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, verduidelik.

Die name en ouderdomme van die oorledenes moet nog bevestig word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article