– Volg van bladsy 1.
Borcherds (jr.) sê die ergste is hy weet sy pa is oud en is sonder skaamte bedrieg.
Borcherds (sr.) moes nou weer geld betaal het om ’n veiligheidsheining op te rig omdat Elstadt dit nie gedoen het nie. Hy het toe besluit om ’n klagte by die polisie aanhangig te maak.
“Elke week het ek vir hom gevra hoe ver hy is en wanneer hy die veiligheidsheining gaan oprig, dan sê hy vir my ‘Ja, Oom, ek is nog besig daarmee’.”
Borcherds (sr.) sê hy het elke maand net verskonings gegee oor hoekom hy nie die heining kon oprig nie.
“As ek hom vra wanneer kom hy, dan sê hy sy werkers was dronk en dis hoekom hy nie kon kom nie. Ander dag was dit een van sy werkers het covid. Nog ’n keer het hy gesê die verf is nog nat,” sê hy.
Borcherds (sr.) vertel hy het ’n verdere R2 000 aan Elstadt op 17 Februarie vanjaar betaal omdat hy nog geld nodig gehad het om die werk af te handel.
“Hy het weer op die 17de vir my by die huis kom haal en mall toe geneem sodat ek R2 000 kon onttrek en vir hom betaal.
Borcherds (jr.) sê hy is diep teleurgesteld oor wat met sy pa gebeur het. Hy sê hy kan nie glo dat Elstadt sy pa so skaamteloos bedrieg het nie. Hy was ten tye van die oorbetaling in Namibië en het eers daarvan gehoor toe hy terugkom.
Borcherds (sr.) sê hy het hard gewerk om sy geld te spaar vir sy ou dag.
“Ek het nie ’n pensioen nie ek moes destyds hard werk en geld spaar. Ek het amper ’n leeftyd gewerk om geld te kry en toe kom hy net en loop my in,” sê hy.
Borcherds (sr.) sê hy hoop Elstadt boet vir wat hy gedoen het.V Standard het navraag aan ’n WhatsApp-nommer van Elstadt gestuur. Die boodskappe is gelees, maar hy het nie gereageer nie. Verskeie oproepe is gemaak na die nommer wat op sy besigheidskaartjie verskyn, maar die foon het net gelui.


