Maak ’n verskil hierdie Vrouemaand deur ’n bydrae te lewer aan Standard & Breederivier Gazette se sanitêre-doekies-veldtog.
Hierdie veldtog is daarop gerig om dit makliker vir meisies te maak wat deur hul maandstonde gaan en nie altyd die geld het om elke maand hul produkte te koop nie.
Soms kry hulle ook hul maandelikse besoeker onverwags terwyl hulle by die skool is en het nog nie hul sanitêre doekies gekoop nie.
Verskeie sanitêre doekies is deesdae spotgoedkoop by groot kettingwinkels beskikbaar en dus vra hulle wanneer jy gaan inkopies doen, jy hierdie meisies in gedagte hou en ’n pakkie by jou inkopies voeg.
Standard & Breederivier Gazette gaan aan die einde van Vrouemaand verskeie behoeftige skole in en om Worcester besoek om die sanitere doekies aan hulle te oorhandig.
Skole kry wel ondersteuning van die onderwysdepartement om hierdie produkte aan te skaf, maar omdat daar daagliks meisies is wat dit nodig het, hou die voorraad nie baie lank nie en so ook nie die geld daarvoor nie.
Daar is gevalle waar meisies doodeenvoudig nie geld het of kry vir hierdie behoefte nie en bly hulle dan noodgedwonge uit die skool – meestal vir die duur van hul maandstonde. In die meeste gevalle hou maandstonde vir vyf tot sewe dae aan, maar in party gevalle kan dit langer aanhou.. Kontak ons by 081 218 1581 of besoek ons by Hoogstraat 116 vir meer inligting of om jou skenking af te lewer.



