Elders is nie ’n reisjoernaal
nie. Dis nie ’n gids wat jou sal vertel waar op die Camino de Santiago jy die
beste slaapplek, of lekkerste tapas gaan kry nie. Elders is ’n
kopreis, ’n reis na die binnekamers van die hart.

Die bekroonde Weg-joernalis,
Erns Grundling, het verlede Vrydag dié boek uit sy pen by ’n literêre aand by
die Du Toitskloof Kelder buite Rawsonville aan Valleiers bekend gestel. Dít
alles terwyl hy deur nog ’n groot naam in skryfkringe, die Paarlse avonturier
Johan Bakkes, “kruisondervra” is in tipiese Bakkes-styl: op die man af en sonder
enige tierlantyntjies.

Tipies Bakkes moes Grundling nie net vertel oor
Elders: My 1 025 km te voet langs die Camino nie, maar ook so ’n
paar ander “sondes” opklaar. Soos hoe op aarde hy die Blou Bulle kan ondersteun.
“Sien bewysstuk,” aldus Bakkes. En hoe dit gekom het dat hy wat Grundling is ’n
buffel op sy snoet gesoen het in ’n kroeg in Hectorspruit. Weer word ’n
bewysstuk ter stawing van dié skande omgestuur terwyl nog ’n bekende skrywer,
Dana Snyman, hom behoorlik verkneukel.

Hy het in 2004 vir die eerste keer van die
Camino de Santiago gehoor toe hy ’n telefoononderhoud met die wêreldbekende
skrywer Paulo Coelho gevoer het, verklap Grundling. Coelho het gesê hy sal graag
wil hê sy as moet eendag langs die roete gestrooi word. “Dis waar ek die eerste
keer kennis geneem het van die roete,” sê hy.

In 2014 het dinge op ’n streep vir hom verkeerd
geloop. “Op 35 was ek uitgebrand. Ek het ’n groot liefdesteleurstelling gehad en
my in ’n doodloopstraat bevind. Ek het besef ek moet iets doen.” Wat hy gedoen
het was die Camino de Santiago Francés. Nie net van St Jean Pied de Port in
Frankryk na die tradisionele eindpunt in Santiago de Compostella nie, maar tot
by Finesterre, die plek wat die destydse Romeine as die eindpunt van die wêreld
geag het.

Op sy reis het Grundling niks anders as ’n paar
stukkies klere en die allernodigste vir sy staptog in sy rugsak gepak nie. Geen
selfoon. Geen kamera. Sy skootrekenaar het hy in Parys in ’n asblik gegooi ná hy
nog ’n laaste storie aan Weg uit die
Franse hoofstad klaargemaak en gestuur het voor sy pelgrimstog. “Ek wou so ver
moontlik van alles wegkom. Ek wou disconnect om weer te kan connect. Die Camino is die grootste geskenk wat ek aan myself en die
mense vir wie ek lief is, kon gee,” som hy sy gevoelens op. “Ek moes vir ’n lang
ruk weggaan en elders wees voor ek weer kon tuiskom by myself.”

Elders is Grundling se binnereis
wat hy eerlik, op die man af, maar ook met sy kenmerkende fyn sin van waarneming
met lesers deel. Bakkes som dit op in ’n enkele sin: Dis ’n persoonlike reis van
een sielkamer na die volgende.

Elders het onlangs ’n US Woord-fees
WOORDtroFEE losgeslaan nadat dit die topverkoper in die WOORDtroFEE’s se
Leefstylkategorie was.