Lede van die Laerskool Wynland se Eko-klub by ’n splinternuwe bankie wat Vrydag by hul skool onthul is. Nasionale Tuindag is die afgelope Sondag (20 Oktober) gevier. Om hierdie dag te vier, het leerders van die Laerskool Wynland in Worcester se Eko-klub reeds Vrydag 18 Oktober ’n verskeidenheid blomme op die skoolterrein geplant, ’n splinternuwe tuinbankie onthul en sywurms verkoop. Die tuin is skaars ’n jaar oud en brei by die dag uit namate leerders ook hul tuinmaak-kennis en -vaardighede verbreed. Die Laerskool Wynland hoop om binnekort nektariens te oes en weer groente uit sy tuin aan welsynsorganisasies te skenk.Foto: Enrico Claassen


Eko-klub maak tuin

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article