Paul Opperman het in vlamme ingehardloop om sy buurvrou te red.


– Vervolg van bladsy 1.

Op ’n vraag oor hoekom hy in ’n brandende huis ingehardloop het, het hy die volgende gesê: “Ek het net gedink ek kan haar nie so los nie. Verbeel jou my vrou was nie op daai spesifieke oomblik buite nie – sy sou dood gewees het. Die vlamme was onbeskryflik, maar ek het net gevoel ek moes daar ingaan. Ek sou dit vir enigiemand gedoen het, want dit kon enigeen se ma, ouma of ander familielid gewees het. Dit was seker nie baie slim van my nie, maar ek is nie spyt nie. Ek het gedoen wat ek moes.”

Davids en haar lewensmaat is weer terug in hul huis ná die brand.

“Hulle het alles verloor. Hulle lê op gebrande goed. Ek en van my sokkerspanmaats het vensters vir hulle ingesit en ’n seil op die dak gesit voor dit nou die dag gereën het. Ons soek nou nog verf sodat ons die plek weer mooi kan maak. Saans neem ons vir hulle iets om te eet en ons het al gordyne vir hulle gehang.”. Mense wat Opperman wil help om Davids se plek weer reg te kry, kan hom by 074 448 0077 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article