Die klas van 2022 begin Maandag (31 Oktober) met hul November- Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.
Volgens die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) skryf altesaam 73 846 kandidate vanjaar matriekeksamen. Dit sluit in 62 361 voltydse kandidate en 11 485 deeltydse kandidate.
Die rooster vir die volgende week is:• Maandag (31 Oktober): Engels (vraestel 1);• Dinsdag (1 November): ekonomie (vraestel 1);• Woensdag (2 November): Afrikaans (vraestel 1);• Donderdag (3 November): geskiedenis (vraestel 1);• Vrydag (4 November): wiskunde (vraestel 1); wiskunde geletterdheid (vraestel 1) en tegniese wiskunde (vraestel 1)..Standard wens die matrikulante wat vanjaar hul eindeksamen aflê alle sterkte en voorspoed toe. In die woorde van wyle Malcolm X, ’n Amerikaanse menseregte- aktivis: “Onderwys is die paspoort na die toekoms, want môre behoort aan diegene wat vandag daarvoor voorberei.”



