Breede River Emotional Awareness Development (b.r.e.a.d.) is ’n organisasie sonder winsbejag, wat emosionele opheffingswerk doen, asook sielkundige dienste in die Breederiviervallei, hoofsaaklik in Robertson, Ashton, Bonnievale en Montagu, verskaf. Die Emosionele Intelligensie (EI)-toekennings is vanjaar die tweede keer by die Laerskool Robertson aan gr. 5- en gr. 7-leerders en by die Hoërskool Robertson aan gr. 9- en gr. 11-leerders oorhandig. Die toekennings kweek bewustheid van emosionele intelligensie in die vallei en moedig EI ook reeds op skoolvlak aan sodat leerders hul verhoudings op skool optimaal kan ontwikkel. Foto links: By die geleentheid is René Best, een van die b.r.e.a.d.-direkteure (middel) by Dwight Kriel (gr. 9) en Werner Eygelaar (gr. 12).


EI-toekennings aan leerders

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article