Edenskool in Worcester hou ’n feesdag op Saterdag 25 Februarie by die Nekkiesoord-kampeerterrein as geldinsameling om die skool se speelterrein op te knap.

Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 12. Die hekke open om 12:00 en sluit 23:00.

Platejoggies sal musiekvermaak verskaf en peuselhappies sal te koop wees. Kindervermaak is ook op die program.

. Bel Carol Joy, ’n onderwyser by Edenskool, by 067 620 4358 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article