Eden Skool in Worcester het die afgelope Vrydag (4 November) ’n bewusmakings- en pretdag by die skool gehou, wat deur Kings of Steyn, ’n organisasie sonder winsoogmerk in Worcester, geborg is. Leerders van die skool het lekkergoed-pakkies ontvang, wat deur lede van die Worcester-polisie uitgedeel is. ’n Deel van Kings of Steyn se doel is om uit te reik na skole en jeugontwikkeling te bevorder, sê Freek Steyn, ’n plaaslike polisielid en die stigter van dié organisasie. Foto: Jana Scheepers


Eden Skool hou pretdag met Kings of Steyn

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article