’n Rekordgetal mense het gister, 29 Mei, op stemlokale toegesak om hul kruisies te trek in vanjaar se nasionale verkiesing. Die Langeberg-streek het vanjaar 45 874 geregistreerde kiesers en die Breedevallei 80 275. Nadat die stembusse toegemaak het, het die tellery begin en die uitslae sal stelselmatig vandag, 30 Mei, bekendgemaak word. Daarna het partye tot Vrydag (31 Mei) kans om besware teen uitslae aan te teken. Die uitslae van die nasionale en provinsiale verkiesing word Sondag (2 Junie) bekendgemaak. Die proklamasie van verkiesingsuitslae en setel­toe­ken­ning vind op 6 Junie plaas. Foto’s: Namhla Monakale en Luciano du Toit


Duisende sak toe op plaaslike stemlokale

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article