Die trompoppies Magnificent Drummies het hul jaarlikse modelskou by Victoria Primêr se skoolsaal gehou. Die jonges was omtrent opgetof vir hul glansgeleentheid. Volgens die voorsitter, Ronel Johannesen, reël sy elke jaar vir haar trompoppies ’n modelskou en senior en juniors neem hieraan deel. Van links, agter, is die vier beoordelaars Darryl Boer, Fabian Jacobs, Chantel Jansen, Felicity Fransman, Janique Swartz (ondervoorsitter) en Ronel Johannesen (voorsitter). Voor van links is die senior wenners: Michaid van Rhyn (eerste prinses), Devarine Jeftha (Mej. Magnificent), Hayley Arries (tweede prinses) en Lee-Ann September (Mej. Persoonlikheid). Foto:


Drummies opgetof vir modelskou

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article