Die Hoër Tegniese Skool Drostdy het as deel van die skool se 120-jaar-feesviering ’n Donkie-derby gereël, waar die koshuise teen mekaar meegeding het. Elke koshuis het vyf minute gekry om hul donkiekar te versier en moes toe die kar om ’n baan trek. Die koshuis met die vinnigste rondte was die wenner. Noordsig (foto) en Bergsig is verlede Woensdag (15 Februarie) as die wenners van vanjaar se Donkie-derby aangewys.

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Drostdy hou Donkie-derby

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article