HTS Drostdy het vanjaar in die atletiekseisoen altesaam 22 atlete wat by die Boland-kampioenskap by Dal Josafat-stadion deelgeneem het. Die atlete het in altesaam 33 items gekwalifiseer om 9 Maart in Oudtshoorn aan die Wes-Kaapse kampioenskap te gaan deelneem. Voor is Cara Smith (verspring), Jade Visage (verspring), Jade Avenant (1 500 m), Virgell-Lee Africa (2 000 m-hindernis, 3 000 m), Monique September (200 m), Marlaine le Roux (800 m) en Christi Marais (1 500 m-hindernis). In die tweede ry is Zhandré Hattingh (400 m), Kyle Cupido (100 m), Luan Jumat (400 m), Xander de Bruin (diskusgooi) en Petri Lottering (1 500 m). In die derde ry is Lee-ann van der Westhuizen (gewigstoot), Christolique McNeil (800 m, 1 500 m, 3 000 m, 1 500 m-hindernis), Chenique Sas (1 500 m-hindernis, 1 500 m, 3 000 m), Veronique Visage (3 000 m, 2 000 m-hindernis) en Shanidine Bezuidenhout (verspring). Agter is George Groenewald (diskusgooi), Vernita Africa (1 500 m-hindernis, 3 000 m), Megan Swanepoel (3 000 m-hindernis, 1 500 m), Gabi Bennett (400 m, 800 m) en Hugo Mostert (100 m, 200 m).Foto:


Drostdy-atlete skitter dié seisoen

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article