Drie mense het in ’n taxi gesterf nadat dit agter in ’n vargmotor vasgery het. Foto: One-Way Towing.


Drie mense is vanoggend dood toe ’n taxi agter in ’n vragmotor op die N1 vasgery het.

Die ongeluk het omstreeks 05:20 by De Doorns gebeur.

“Albei voertuie het in die rigting van Worcester gery ten tyde van die voorval,” het ’n woordvoerder van die De Doorns-polisie gesê. “Volgens inligting het die taxi van agter in die trok vasgery. Drie mense is op die toneel dood.”

Die drie oorledenes se ouderdomme is tussen 50 en 56. Die bestuurders van die taxi en die vragmotor is ongedeerd.

Nog insittendes van die taxi is hospitaal toe geneem vir behandeling. Die De Doorns-polisie ondersoek die saak verder.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article