Foto ter illustrasie deur Unsplash (Bill Oxford)

Photo by Bill Oxford on Unsplash

Drie polisiebeamptes en twee voormalige polisiebeamptes van die Wolseley-polisie is Dinsdag in hegtenis geneem.

Die provinsiale woordvoerder van die polisie, kol. André Traut, het bevestig dat ‘n 29-jarige, 36-jarige en 44-jarige polisiebeampte, tesame met ‘n 26-jarige en 39-jarige voormalige polisielede van Wolseley gearresteer is.

Hulle is deur die Kaapse Wynland-distrikspeurders in hegtenis geneem op klagtes van inbraak, intimidasie en aanranding. Dit volg na ‘n ondersoek wat geloods is na dié klagtes in Julie vanjaar aangemeld is. Hulle sal 8 September in die hof op Wolseley verskyn. Hul name word eers weerhou totdat hulle in die hof verskyn het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article