Ilzé Aäron

Credit: SYSTEM

Ilzé Aäron se droom om ná haar studies met kinders met gehoorgestremdheid – soos sy – te werk, is verwesenlik.

Dié Paarliet was in Desember verlede jaar die eerste Dowe onderwysstudent aan die Universiteit Stellenbosch wat gradueer, en trap nou nóg dieper spore in die Dowe gemeenskap nadat sy onlangs as die provinsiale tesourier vir DeafSA Wes-Kaap aangestel is.

“Ek het dit nie verwag nie, maar dit is iets groot wat ek moet doen om in die Dowe gemeenskap te werk. Ek voel opgewonde en wil graag leer hoe om ’n beter diens in die skole vir Dowes te lewer. Ek wil in hierdie nuwe journey aan die Dowe gemeenskap wys hulle kan altyd ’n geleentheid kry om hulle bewus te maak dat hulle die potensiaal het om in die toekoms nog ver te gaan.”

DeafSA is ’n organisasie wat verskeie bewusmakings- en uitreikprogramme vir Dowes aanbied. Hulle fasiliteer ook werkplasings­programme, voorspraak en taalondersteuning vir Dowes.

Die 24-jarige Aäron het kort ná haar studies ’n onderwyspos by die Dominikaanse Skool vir Dowes in Wittebome gekry. Sy werk met gr. 3-leerders en geniet elke oomblik. Die aanpassing van student na onderwyser was nie maklik nie, sê sy, maar haar kollegas ondersteun haar die hele pad.

“Ek is so dankbaar dat my kollegas my gehelp het met die vaardighede wat ek moes aanleer. Dit is amazing om in die klas met kinders te werk. So, my droom het waar geword!”

Vir Aäron is die geleenthede wat die afgelope paar maande oor haar pad gekom het, ’n seëning van die Here.

Sy gee steeds voltyds klas by die Dominikaanse skool, en sien uit om goeie werk te doen deur haar posisie op die provinsiale komitee vir Dowes vir die volgende vier jaar.

“My visie vir die toekoms is dat ons as leiers die Dowe gemeenskap moet nader en vir die geleentheid gee om ander Dowes te nader.” . Ilzé Aäron’s dream to work with hearing-impaired children – like herself – after her graduation as the first deaf teacher at Stellenbosch University, has come true.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article