Vyf van HTS Drostdy se leerders het aan die Synergy-tennistoernooi in Kaapstad deelgeneem as lede van die Boland-Kavalierspan teen die Wes-Kaap, SWD en Noord-Kaap. Die o.19-span verwerf die silwermedalje met Frederick Botha en Stefmari Burden lede van die span. Die o.17-span verwerf die goue medalje. Mieke Kruger, Linmarie le Roux en Carla Botha was lede van dié span. Na afloop van die toernooi is Mieke Kruger gekies vir die nasionale Kavalierspan wat in Pretoria gaan deelneem.Bo is Mieke Kruger, Stefmari Burden, Carla Botha, Frederick Botha en Linmarie le Roux.


Donkies blink uit in tennis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article