Aansoeke vir skooltoelating in die 2024-skooljaar het Maandagoggend geopen, en sedert 10:30 daardie oggend het die Wes-Kaapse departement van onderwys reeds meer as 4 600 aansoeke ontvang.

Die aanlyn aansoekproses is nog ’n maand – tot 14 April – oop.

Die WKOD-toelatingswebwerf is ’n gratis diens, wat ’n nulkoers het sodat jy nie data nodig het om toegang te verkry nie.

Die departement het ook 114 opwip-toelatingswebwerwe by winkelsentrums, skole en ander fasiliteite in al agt onderwysdistrikte gereël om ouers en versorgers te help wat nie toegang tot internetfasiliteite het nie of hulp nodig het om aanlyn aansoek te doen.

Besoek gerus westerncape.gov.za/admissions-202324 om te sien waar en wanneer hierdie dienste in jou omgewing beskikbaar is!

Die volgende gesertifiseerde dokumente sal vir alle aansoeke vereis word:. Die laaste amptelike skoolverslagkaart;. Bewys van identiteit: ID, geboortesertifikaat of paspoort van die leerder; in die geval van ’n buitelandse leerder ’n paspoort, studiepermit of bewys van aansoek om ’n studiepermit, of ’n afskrif van die ouer se asielsoeker- of vlugtelingpermit of ’n polisie-eedsverklaring indien hierdie dokumente nie beskikbaar is nie;. Immuniseringskaart (slegs vir laerskole);. Bewys van verblyf (belastingrekening, huurooreenkoms, ’n beëdigde verklaring wat verblyf bevestig).

Jy kan afskrifte van jou dokumente by enige polisie- of poskantoor sertifiseer. Hou hierdie kopieë bymekaar, want jy sal die harde kopieë later vanjaar by die finale skool waar jou kind aanvaar word, moet indien.

Inligting oor hoe om aansoek te doen, met stap-vir-stap registrasie- en aansoekriglyne en video’s, is beskikbaar op die WKOD-webwerf by https://wcedonline.westerncape.gov.za/admissions-20232..

“Ons besef dit is ’n stresvolle tydperk vir ouers en die aansoekproses kan uitdagend lyk. Hier is ’n paar wenke:. Doen vroeg aansoek – moenie wag tot die laaste dag van die aansoekvenster nie;. Doen aansoek by meer as een skool;. Gaan die toelatingsbeleid van die skole waar jy wil aansoek doen, goed na;. Onthou dat skole nie hul eie vorms of aanlyn stelsels vir aansoeke mag gebruik nie en geen bykomende inligting van ouers mag vra wat nie in pas is met die Suid-Afrikaanse Skolewet, die Toelatingsbeleid vir openbare gewone skole of die POPI-wet nie;. Jy kan antwoorde op vrae oor die toelatingsproses hier kry: https://wcedonline.westerncape. gov.za/learner-enrolment-faq

Neem asseblief kennis:. Ouers wat nie hul aansoeke onmiddellik kan voltooi nie, of tegniese probleme ondervind het, moenie bekommerd wees nie – hulle het ’n hele maand om aansoek te doen. Geen voorkeur word gegee aan dié wat in die eerste paar dae in teenstelling met volgende week aansoek doen nie. Die belangrikste is om te verseker dat jy voor 14 April 2023 aansoek doen;. Skole kan nie toegang tot die data kry om te sien watter volgorde van voorkeur ouers hul skool gelys het wanneer hulle aansoeke indien nie. Hulle sal nie ingelig word of hul spesifieke skool eerste, derde of sewende op die ouerslys is nie;. Indien jy enige bekommernisse of vrae oor die aanlyn aansoekstelsel het, skryf dit uit en plaas dit asseblief in die “Navraag”-blokkie op die toelatingswebwerf, en een van die departement se amptenare sal jou so gou as moontlik bystaan;

Doen vandag nog aansoek vir ’n skool vir jou kind.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article