Dis weer tyd dat die reuk van gebakte vis en speserye die huis vul ter voorbereiding vir Goeie Vrydag se maaltyd ná kerk.
GEPIEKELDE VIS
2 kg stokvis
sonneblomolie vir vlakbraai
6 uie in ringe gesny
2 eetlepels mielieblom
175 ml suiker
visspesery
meel
5 eiers geklits
sout
3 koppies bruin asyn
1 koppie water
3 teelepels fyn gemmer en knoffel
2-3 eetlepels kerriepoeier
2 teelepels geroosterde rooi masalapoeier
2 eetlepels borrie
1 eetlepel swartpeper-korrels
2 teelepels sout
4 lourierblare
METODE:
Sout die vis. Meng meel met visspesery en doop die vis daarin.
Doop dan die vis weer in geklitste eier en bak in vlak olie tot alkante bruin en gaar. Hou eenkant.
Plaas ’n groot kastrol op die stoof – gooi water, asyn, suiker, al die speserye, uie en fyn gemmer en knoffel by. Laat prut totdat uie sag is. Meng mielieblom met van die kerriesous; voeg by res van die uiesous en kook tot verdik. Giet sous oor vis en laat afkoel. Plaas in ’n bak met ’n deksel.
Wanneer afgekoel, verkoel oornag in die yskas. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder is dit.
– Watertandresepteviroudenjonk.com.


