Breederiviervalleiers kan hulle regmaak vir ’n opwindende Robertson-lenteskou vanjaar. Hiedie jaar se skou bereik ’n reusemylpaal aangesien dit vanjaar die skou se 125ste bestaansjaar vier. Die skou, wat van 24 tot 28 September by die skouterrein in Robertson gehou word, beloof om vanjaar groter en beter as tevore te wees.

Oudergewoonte as die tweede grootste buitelug-perdeskou in Suid-Afrika, word ’n opwindende vyfdag-perdeprogram aangebied.

Hierdie jaar verwelkom die skou ook boerbokke as deel van hul landbouvertonings, wat nog meer diversiteit tot die program voeg.

Die skou pronk met landbouvertonings, kos- en handwerkstalletjies, kindervermaak, Round Table-steak-aande met musiek in lewende lywe en die vallei se beste wyne.

Moenie Willem Botha se grimeer-meesterklas aanstaande Vrydag (27 September) misloop nie. Kom geniet ’n onvergeetlike ervaring saam om die ryk geskiedenis van die vallei en die fees te vier en terselfdertyd na die toekoms te kyk.

Die Lenteskou bied ’n groot kindergebied wat heerlike pretritte vir die jongspan asook tieners aanbied.

Die hekke is daagliks oop van 08:00 tot 22:00.

Vir die volle program besoek: www.robertsonr62.com.

Kaartjies is nou beskikbaar op Webtickets en by jou naaste Pick n Pay-winkel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article