Inwoners van Robertson en omliggende gebiede kan gerus Saterdagaand (7 Desember) ’n draai maak in Adderleystraat om die skouspel te beleef vir die aanskakel van Siebert Tredoux se jaarlikse Kersliggies. Tredoux se huis word met meer as 10 000 liggies versier om mense van die dorp te lok en hulle in die Kersfees-luim te kry. En, om die geleentheid nog meer besonders te maak, sal Robertson se baie bekende orkes, Old St. Blues, vermaak verskaf. Daar sal ook Spur-hamburgers te koop wees asook worsrolle en koeldrank. Die aand begin om 19:00 en die liggies sal omstreeks 19:45 aangeskakel word. Van Sondag tot 10 Januarie brand die liggies elke aand van 20:00 tot 11:00. Bring dus die hele familie en al jul vriende hierheen en geniet ’n lieflike Kersaand onder die sterre. Foto:


Dis Kersliggietyd in Robertson

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article