Môre, 1 September, is tradisioneel die eerste dag van lente. Maar lente hang al ’n hele ruk in die lug met die kanolalanderye wat in volle blom is, boorde wat begin bot en plaasdamme wat tot oorlopens toe vol is. Maar moenie die wintersklere heeltemal wegpak nie. Nadat die kwik vandeesweek tot byna 30 °C gestyg het, daal dit weer tot sowat 20 °C vir die volgende week. Hierdie pragtige gesig van die Ceres-vallei is vanaf die Gydopas tussen Ceres en die Koue Bokkeveld te sien.Foto: Lise Beyers


Dis heerlike lente!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article