Pen United Blou het die naweek in die eerste wedstryd van die dag in Robertson teen Sunrisers kragte gemeet.
Pen United het eerste gekolf en 60/7 in sy 10 boulbeurte bereik. Curdon (22) was Pen se beste kolwer. A. Philander (2/10) en Danny (2/9) was Sunrisers se beste boulers.
Sunrisers op sy beurt kon slegs 58/8 in sy 10 boulbeurte bereik, met weer eens Danny (14) en Philander wat uitstaan met die kolf. Dillon (1/9) was Pen United se beste bouler. Pen United wen die wedstryd met twee lopies.
Die Stoep t Superstars
Die span van Die Stoep kolf eerste en bereik 52/5 in sy 10 beurte; I. Matthys (16) staan uit met die kolf, met Jenieven (2/9) en D. Danster (1/7) wat goed vaar met die bal.
Superstars op sy beurt veg met die kolf, maar kom kort en bereik 48/8 in sy 10 boulbeurte. B. Samuels (11) en D. Evertson probeer met die kolf, maar A. Konstabel (4/5) en I. Matthys bring hul kant met die bal vir Die Stoep. Die Stoep wen die wedstryd met twee lopies.
RCB T AH Marais
Die span van RCB kolf eerste en bereik 30/9 in sy 10 beurte met Marke (5) en Bradley (5) wat hard met die kolf probeer. A. Sauls (3/7) is Marais se beste bouler.
AH Marais maak vinnig werk daarvan en haal die wentelling in die derde boulbeurt met die openingskolwers A. Timmie (17) en G. Adams (16) wat vinnig klaarmaak. AH Marais wen met 10 paaltjies.
D
orpsig Barbarians t Tornados
Dorpsig Barbarians kolf eerste en bereik 54/9 in sy 10 beurte met Sharpa (18) en Joshua (9) wat goed vaar met die kolf. A. October (2/3) en Rico (2/12) staan uit met die bal vir Tornados.
Tornados bereik die wentotaal (55/4) met A. October (34) wat die kolf behoorlik swaai. Vir Tornados probeer Joshua (2/15) tevergeefs met die bal. Tornados wen die wedstryd met ses paaltjies.
Dorpsig United t Gujarat Titans
Gujarat Titans kolf eerste en bereik 70/7 in sy toegelate 10 beurte met D. Slingers (23) en R. Evertson (12) wat goed doen met die kolf. Vir Dorpsig blink Nathan (2/14) uit met die bal.
Dorpsig, wat as die underdog in die wedstryd beskou is, kom kolf met goeie vaart en hoewel hy gereeld paaltjies verloor, bring die kaptein, H. Meyer (15), kalmte met Nathan (14) wat ’n goeie grondslag gelê het.
Dorpsig United bereik die wentotaal (71/5) met twee balle oor in die wedstryd.
F. Taylor (2/9) was Gujarat se beste bouler. Dorpsig wen die wedstryd met vyf paaltjies.


