Die SA-weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik vir die publiek om daarop bedag te wees oor baie warm weersomstandighede oor die volgende paar dae.
Die areas wat veral geaffekteer word deur ’n breë oppervlak trog wat Dinsdag en Woensdag (14-15 November) oor die Wes-Kaap en Namakwa-distrik beweeg is Beaufort-Wes, Bergrivier, Bitou, Breedevallei, Kaap Agulhas, Cederberg, Stad Kaapstad, Drakenstein, George, Hantam, Hessequa, Kamiesberg, Kannaland, Karoo Hoogland, Khâi-Ma, Knysna, Laingsburg, Langeberg, Matzikama, Mossel Bay, Nama Khoi, Oudtshoorn, Overstrand, Prince Albert, Richtersveld, Saldanhabaai, Stellenbosch, Swartland, Swellendam, Theewaterskloof en Witzenberg.
Die weerdiens waarsku dat hierdie trog warm tot baie warm en ongemaklike weerstoestande sal meebring. Woensdag kan die kwik so hoog as 36°C styg in die Breederiviervallei.
“Sulke weerstoestande kan gesondheidseffekte tot gevolg hê, en dit is noodsaaklik om die nodige voorsorgmaatreëls te tref,” se die weerdiens in ’n verklaring.
Wanneer die temperatuur uiters hoog is, word mense se vermoë om hul liggame af te koel deur sweet verminder. Dit kan ’n werklike bedreiging wees wat lei tot hipertermie. In ’n uiters warm omgewing sulke omstadighede lei tot hitteberoerte en ander ernstigste gesondheids- en veiligheidskwessies.
Hitteberoerte kan dodelik wees as mediese hulp nie onmiddellik beskikbaar is nie.
Die publiek word dus aangeraai so veel as moontlik langdurige direkte blootstelling aan die son te vermy, en om baie water te drink. “Beperk strawwe buitelugaktiwiteite, vind skaduwee en bly gehidreer. Moet nooit kinders sonder toesig in die motor los nie. Maak seker jou diere het toegang tot genoeg water.
“Dit is belangrik vir individue om toepaslike maatreëls te tref om hul veiligheid te verseker en om ingelig te bly oor enige weerwaarskuwings,”raai die Suid-Afrikaanse weerdiens





