Die hoof van die Hugo Naude-kunssentrum, Richard Ellmann (links) en die gasspreker, Werner Scheepers. Die skildery onder in die agtergrond is deur Scheepers geskep. Dit beeld ’n toneel op die lessenaar in sy ateljee uit. Foto: Ken McIntyre


Die Hugo Naude-kunssentrum in Tulbaghstraat het sy kunsuitstalling met werke deur sy leerders geopen.

Vanjaar se tema is “Illusions” en dit sluit die beste kuns, ontwerp, drama en fotografie in wat leerders oor die afgelope twee jaar geskep het.

Die openingspreker, Werner Scheepers – wat in 1987 ’n leerder by dié sentrum was – het die deelnemers geloof vir hul kreatiwiteit en die hoë gehalte van hul werke.

Hy het ook gesê die kennis wat hy by die kunssentrum opgedoen het, het hom van werksetiek geleer en die fondament gelê vir die besigheid wat hy vandag bedryf.

Hy is ’n professionele keramiek-restoureerder en het ’n ateljee in Kerkstraat in Worcester.

Hy skilder ook in sy vrye tyd.

V Belangstellendes kan tot 24 Maart van Maandae tot Donderdae tussen 09:00 en 16:00 die uitstalling besigtig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article