Worcester Primêr het altesaam 48 atlete wat die skool by die Worcester-kampioenskap die afgelope naweek verteenwordig het. Die atlete het altesaam 68 medaljes verower waarvan 28 goue, 28 silwer- en 12 bronsmedaljes was. Die skool het ook drie bekers ontvang met Krige le Roux wat aangewys is as die beste atleet (seuns o.12), Muneeba de Bruyn beste atleet (meisies o.11) en Xylon Benjamin beste atleet (seuns o.9).


Dié 48 atlete maak WPS trots

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article