Die Worcesteriet Diana Ferrus (naaslinks) is ten tyde van haar 70ste verjaarsdag deur die Breytenbachsentrum se Tuin van Digters-fees as digter gehuldig. Op die foto is sy saam met lede van die Mengelmoesdigters, ’n saamdig-groep wat sy in 2013 gestig het. Lede het sedertdien gesamentlike en individuele bundels uitgegee/ en tree gereeld by feeste op. Die Mengelmoesdigters het as deel van die huldigingsprogram van Ferrus se bekendste gedigte, soos “Vir Sara Baartman” en “Ons komvandaan” voorgelees, en met haar oor haar skryfwerk gesels. Dit het ook musiek deur studente van die Universiteit Stellenbosch ingesluit. Van links is Theresa Carstens van Wellington, Ferrus en die Paarliet Merle Danhouse. Agter is Gaireya Fredericks van Paarl. Foto: Engela Duvenage


Diana saam met digters vereer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article