Mans is aangemoedig om risikogedrag te verminder en geslagsongelykhede uit te daag.

Dit is van die punte wat onder die vergrootglas geplaas is tydens ’n Dialoog vir Mans-saamtrek met betrekking tot geslagsgeweld.

Die dialoog het Vrydag (22 November) by die Nekkies Lakeside Lapa buite Worcester plaasgevind en is aangebied deur die Worcester Ekumeniese Gemeenskapsdiens (WEG), ’n organisasie sonder winsoogmerk en wat gemoeid is met die versorging en beskerming van kinders.

Jolanie Ruiter, die WEG-kantoorbestuurder, sê geslagsgeweld is ’n wêreldwye verskynsel wat gemeenskappe waarin kinderbeskermingsdienste gelewer word, raak.

Volgens Ruiter het Vrydag se sessie ten doel gehad om bewustheid oor die “stille epidemie” te verhoog.

Die deelnemers het bestaan uit mans – oud en jonk – uit verskeie sektore.

“ ’n Platform is geskep vir ouer en jonger mans om met kennis toegerus te word oor aspekte van geslagsgeweld en om betrokke te raak by hierdie belangrike kwessie.

“Mans se betrokkenheid by of onkunde met betrekking tot die sogenaamde geslagsgeweld-epidemie is ook geopper.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article