Die Laerskool Waveren in Tulbagh is besonder trots op die 11-jarige Devon May, wat onlangs in Paarl by die Dal Josafat-stadion aan die Boland-atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Die skool het verlede week die goeie nuus gekry dat Devon in die Boland-atletiekspan opgeneem is en hy gaan die Laerskool Waveren se vlam hoog hou wanneer hy aan die Wes-Kaapse atletiekbyeenkoms deelneem. Van links is Colin Swanepoel (Devon se afrigter), Jaime-Lee Lakey, Devon, Shirley Demas (adjunk-skoolhoof) en Alrich Meyer. Foto: Peter Luitjies


Devon maak LS Waveren trots

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article