Brent-Leigh Extraal, ’n leerder aan Worcester Primêre Skool, het verlede naweek aan die SA atletiekkampioenskapsbyeenkoms in Potchefstroom deelgeneem. Extraal het ’n sesde plek in die verspring vir seuns o.13 behaal met ’n sprong van 5.29 m. Dit was die derde keer dat hy in die Wes-Kaapse atletiekspan opgeneem is. Hierdie seisoen was egter vir hom ’n groot uitdaging omdat oefengeriewe nie altyd beskikbaar was nie. Hy het net drie weke se oefening ingekry, maar hy het steeds bewys hy kan dit doen.Foto:


Derde keer na SA’s

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article