Man vs. Machine, aangebied deur die Southern African Strongman-federasie het die naweek by die Mountain Mill Mall in Worcester plaasgevind. By die kompetisie, wat as uitdunne vir die Westelike Provinsie-kompetisie gedien het, het atlete hul krag tot die uiterste ingespan om te kwalifiseer om aan die provinsiale toernooi deel te gaan neem. Die kompetisie het bestaan ??uit ’n vragmotortrek, motor-dooiegewigoptel (deadlift), motor-jukoptel en ’n wissel-item. Links probeer Jaco Schoonwinkel om die Suid-Afrikaanse rekord in eenarm-optel te verbeter. Hy is ook eerste geplaas in die ope-afdeling vir mans. Michelle Carstens was eerste in die vroueafdeling. Foto’s: Marlene Jordaan


Deelnemers wys hul krag in kompetisie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article