Peter de Villiers, ‘n voormalige Springbok-rugby-afrigter asook afrigter van die nasionale dowe rugbyspan, het onlangs in die streekhof in Malmesbury
teen drie ernstige aanklagte, insluitend seksuele aanranding en poging tot ‘n seksuele misdryf, skuld ontken.
Die voorval het na bewering op 30 Januarie 2023 by ‘n GOOD-partylid se woning in Kalbaskraal plaasgevind.
De Villiers het die vrou na bewering onder die voorwendsel van dokument-
aflewering by haar huis besoek. Nadat hy koffie onder ‘n afdak gedrink het, het hy die vrou na binne die huis gevolg.
Volgens die vrou het hy haar probeer dwing om hom te soen. Hy het haar arms vasgehou en haar na ‘n kamer met ‘n enkelbed gedwing, waar hy haar vasgepen het, het sy getuig.
Die vrou kon haar mond toedruk en keer dat hy haar soen. De Villiers het uiteindelik self opgestaan en die huis verlaat, waarna sy hom ‘n “blerrie
boelie” genoem het. Hy het glo bevestigend geantwoord: “Ja, ek is.”
Sy het ná die voorval ‘n klagte by die Malmesbury-polisiekantoor aangemeld.
‘n J88-verslag het kneusplekke aan haar lyf bevestig.
De Villiers verskyn weer op 1 April in die hof.
Sy volgende hofverskyning is vir kruisondervraging op 1 April.





