Agt juniors van die De Doorns-snoekerakademie het die Wes-Kaap in die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior Blackball-snoekerkampioenskap in Johannesburg verteenwoordig. Die junior kampioenskap het van 15 tot 18 Mei by Gold Reef City in Johannesburg plaasgevind, waar die Wes-Kaapse span as Suid-Afrika se junior kampioene gekroon is. Mcryan de Beer het in die topvyf geëindig en is ook as die beste junior speler aangewys. Hierdie spelers gaan in Oktober aan die internasionale blackball-snoekerkampioenskap in KwaZulu-Natal deelneem. Agter van links is Aletta Willemse (bestuurder van De Doorns-snoekerakademie), Anthonio Hofmeester (’n gr. 9-leerder in Hexvallei Sekondêre Skool in De Doorns), De Beer (gr. 8 in die Hoërskool H.F. Van Cutsem in De Doorns) en Ludan Philander (gr. 9 in die Hoërskool Hexvallei in De Doorns. Voor sit Jermino Fink (gr. 7 in die Hoërskool Hexvallei se laerskool), Angelo Plaatjies (gr. 5 in F.C. Conradie in Prins Alfred Hamlet), Per-Joe Grispe (gr. 6 in Orchard Primêre Skool in De Doorns) en Jayden Willemse (gr. 4 in die Hoërskool Hexvallei). Indien enige nuwe spelers by die De Doorns-snoekerakademie wil aansluit, kan hulle Hendrik Horsemend, die klub se afrigter, by 071 264 0055 bel om aansoek te doen.


De Doorns-jeugdiges die nuwe snoeker-’champs’

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article