Ná ’n week wat die hemele se sluise behoorlik oopgegaan het, is daar nog nie einde aan die weer nie.
Die goeie nuus is egter dat damvlakke in die Wes-Kaap gestyg het tot die hoogste vlakke in ’n dekade.
Die provinsie se gemiddelde damvlak het teen gister van 68,7% tot 81,5% gespring en was slegs 56,8% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Die Breederivier-opvangsgebied het gestyg tot 81,24% teenoor 67,49% verlede week en 59,11% ’n jaar gelede.
Die terugvoering van produsente oor die provinsie heen is meestal positief en met ’n gevoel van dankbaarheid, veral vanuit streke wat lank onder droogtes gebuk gegaan het.
Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het ook geweldig gestyg – van 76,6% tot 96,3% en was 72,3% ’n jaar gelede.Die vlakke van ander damme in die gebied is:
. Brandvleidam: 62.12% (41,11%) met 50 mm reën;
. Kwaggakloofdam: 60,5% (40,81%) met 496 mm reën; en
. Stettynskloofdam: 106,7% (76,5%) met 249 mm reën.




