Ten spyte van goeie reën oor ’n breë gebied van die Wes-Kaap bly damvlakke steeds aan die daal.
Die gemiddelde damvlak het van 49,4% tot 49% afgeneem en was 59,9% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Teen Maandag het Kaapstad se gemiddelde damvlak van 55,9% tot 55,1% gedaal en was dit 73,3% dié tyd verlede jaar.
Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het van 53,5% tot 52,6% gedaal en was 75,3% vol ’n jaar gelede.
Die vlak van damme in die Breederivier-opvangsgebied staan tans op 46,29% in vergelyking met 59,81% verlede jaar.
Ander belangrike damvlakke in die Breedevallei-gebied is:
. Brandvleidam: 35,80% (45,11% 2022)
. Kwaggakloofdam: 36,41% (44,64% 2022)
. Stettynskloofdam: 46,19% (54,97% 2022)




