Die vlak van die meeste damme in die Wes-Kaap het die afgelope week gedaal, maar baie van die damvlakke is hoër as wat dit ’n jaar gelede was. Gister was die gemiddelde damvlak in die provinsie 92,6% – die hoogste vlak vir die ooreenstemmende week in November sedert 2014. Dit is een persentasiepunt laer as die gemiddelde damvlak van 93,6% ’n week tevore. In die ooreenstemmende week verlede jaar was die gemiddelde damvlak 89,9%. Tans is die Brandvleidam 81,16% vol in vergelyking met 79,42% in 2023

Damme se watervlakke hoër as vorige jaar

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article