Carli Smith, ’n leerder aan Worcester-Noord Primêre Skool, het aan die einde van verlede jaar aan die Suid-Afrikaanse pensteek- junior kampioenskap in Rawsonville deelgeneem, waar sy vir die o.16-meisiespan gekies is. Carli het ook haar Suid-Afrikaanse kleure in dié vorm van perdesport behaal en is aangewys as die beste o.12-meisiesruiter. Links is sy by André Louw (voorsitter van die junior kommissie van die Suid-Afrikaanse Pensteek-vereniging) en Rafat Bella (voorsitter van die Internasionale Pensteekfederasie).Foto: Denfordstudios


Carli behaal SA kleure vir pensteek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article