Carlé Hager, ’n gr. 7-leerder aan die Worcester-Noord Primêre Skool, het van 3 tot 5 Maart aan Swem Suid-Afrika se vlaktwee-gala in Oos-Londen deelgeneem. Sy het die agste plek in die 50 m-rugslag-, die vyfde plek in die 50 m-vlinderslag-, die tweede plek in die 4×50 m-borsslagaflos en die tweede plek in die 4×100 m- vryslagaflos behaal. Hager, wat in die afdeling vir meisies onder 13 deelgeneem het, het ook haar Wes-Kaapse swemkleure behaal.


Carlé kry provinsiale kleure

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article