Die Innovation for the Blind-sentrum het Dinsdag (15 November) die eerste Afrikaanse Braillebybel van 2020 bekendgestel. André Steyn, ’n Worcesteriet sedert 1983 en inwoner by die Innovation for the Blind, het ’n Afrikaanse Braillenybel by die bekendstelling ontvang en ’n vers gelees. Dié bybel is gedruk deur Pioenierdrukkery en deur die Nederduitse Gereformeerde kerk in Worcester, asook die Bybelgenootskaap in die Wes-Kaap gefinansier. Die Bybel bestaan uit 7 900 bladsye en is op bestelling beskikbaar by Pioenierdrukkery by 023 342 6313. Foto: Jana Scheepers


Bybel in braille bekendgestel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article