Advertensie-artikel
Op Groenvlei word die ontwikkeling en opleiding van mense net so ernstig beskou as die strewe na sukses in die bedryf waarin hulle is.
Bo en behalwe die sweet en harde werk wat hierdie plaas suksesvol maak, ag hulle hulle goeie werksverhoudings gekoppel met topklas opleiding en bemagtiging as hul eerste prioriteit.
Charles Jordan en Jean Rossouw boer met ’n topklas uitgesoekte reeks tafeldruiwe tussen Rawsonville en Worcester en plaas hul fokus op hoëgehalte uitvoer-tafeldruiwe onder die handelsmerk Consortium Fruit.
In 2018 het Jordan en Rossouw hul visie begin uitrol. ’n Visie van vooruitgang met ’n missie om hul werkers en arbeiders in dié streek op te hef en te bemagtig. Vandag groei die maatskappy jaarliks met onderskeidelik 50% op die produksie- eenheid en ’n allemintige 100% in hul wêreldklas verpakkingsaanleg.
“Ons kan lank praat oor die sukses wat bereik is en nog langer oor die foute wat gemaak is in die afgelope vier jaar. Die suksesvolle groei moet toegeskryf word aan die manier hoe dinge hier gedoen word. Een miljoen klein goedjies wat reg gedoen word, dit maak die wêreld se verskil,” vertel Jordan.
Hy voeg by hy en die span is baie trots om elke jaar skoon oudits te ontvang – oudits geskoei op etiese praktyke en veral die bestuur van hul menslike hulpbronne.
“Ons werkers is die hartklop van die besigheid. Die gees en kultuur wat hier op Groenvlei gekweek word onder elkeen wat hier werk, dra by tot die sukses en onbewustelike groei wat daagliks geskied. Almal wil hier werk, hulle voel veilig en weet dat hul bydrae die verskil maak. ’n Gedeelde visie en eienaarskap van die visie en missie is wat elkeen in die oggend met ’n glimlag werk toe bring.”
Jordan vertel voorts sy permanente span en pakspanne (seisoenwerkers) kan by die 400 mense per seisoen draai met vroue wat meer as 80% van die bestuursposisies beklee.
Hulle het in die afgelope jaar net minder as 400 000 kartonne druiwe verpak en reg oor die wêreld versend.
Nou, terwyl die wingerde weer lewe kry en hulle regmaak vir die volgende seisoen, word die pakstore se kapasiteit verdubbel – ’n praktyk wat hulle sowat ’n jaar terug ook beoefen het.
“Ons is baie trots en geseënd met die deurlopende groei in ons onderneming. Dit is fantasties, sê Jordan aan Standard.
Jordan en sy bestuurspan wil ’n bloudruk skep wat volhoubaar uitgerol kan word. Daar is geweldige operasionele en ekonomiese uitdagings in en rondom die waardeketting van die uitvoerbedryf.
“Etlike aspekte is ver buite die beheer en spesialiteitsveld van produsente. Ons moet fokus en verbeter op dit wat ons wel kan bestuur.”
Hy voeg by hul sukses kan grootliks toegeskryf word aan die grondkondisioneringsprodukte van Atlantic Fertilisers wat hulle gebruik.
“Ons gebruik die Bio Ganic- en Bio Rock-produkte wat wonders in ons wingerde verrig. Hierdie produkte help om ons kapitale belegging van sowat R1 miljoen per hektaar vinniger terug te maak aangesien ons met die hulp van hierdie produkte ’n wingerd binne 12 maande tot stand kan bring om ongeveer 3 000 kartonne druiwe per hektaar te lewer.”
Atlantic Fertilisers se produkte is natuurlike bemestingsprodukte wat fokus om die grond, sowel as die wingerd met net die beste minerale toe te rus.
“Die kombinasie tussen bestuurspraktyke, chemie en bemestingsprodukte stel Consortium in staat om ’n goeie oes in die eerste 12 maande van vestiging te lewer.”
Johanna Vis, wat in 2019 as ’n arbeider begin werk het, is onlangs tot junior pakhuisbestuurder bevorder. Sy sê haar werk het haar uit die donkerste tyd in haar lewe gered.
“Ek geniet my werk. Ek het lank met depressie gesukkel en aan myself getwyfel. Vandat ek hier aangesluit het is alles net beter. Ek staan met ’n glimlag op en ek gaan huis toe met ’n glimlag en ’n dankbare hart.”
Terwyl Vis vir Standard op toer neem deur die pakhuis en stoor, verhelder haar oë soos sy oor haar werk praat. Sy vertel paktyd is haar gunstelingseisoen en die pakstoor wemel van mense wat elke dag hul deel doen.
“Ons het selfs ’n boksie waar elkeen hul voorstel vir musiek kan ingooi om na te luister. Die energie is behoorlik hoog. Dit is die hartseerste tyd as paktyd verby is en ons moet groet, want ons is ’n familie. Hoe gaan ’n mens dan net uitmekaar?” vra Vis bewoë.
Sarah Nkanhana, ’n toesighouer, en Richard Smith, ’n vurkhyseroperateur en waterman, vertel albei hul werk is hul lewe.
“Ons het gesinne vir wie ons baie lief is, maar nooit sou ons kon dink dat ’n mens so lief kan raak vir werk nie. Van hoe ons behandel word tot die goed wat ons geleer word. Ons hart loop oor,” sê hulle.
Vis sê sy en die spanne sien daarna uit om in die komende seisoen 750 000 kartonne vrugte vir die uitvoermark te verpak.
“Die eer kom ons almal toe. Dit is waarvan ek hou. Ná paktyd hou ons ’n groot kuier en prysuitdeling. Elkeen word bedank en die trane vloei dan behoorlik.”
Jordan sê hulle fokus daarop om jaarliks uit te brei en die plaas se sukses te laat groei, maar dat hulle dit deelnemend van aard aanpak.
“Ons moet almal betrek. Ons sukses lê in elkeen wat hul hande vuil maak en saam met ons droom. Dis ons plig om voortdurend aan nuwe norme te werk.




