Twee van die vyf beplande kragopwekkers vir die Breederivier-munisipale gebied is afgelewer en geïnstalleer.

’n 35 kVa (kilovolt-ampères)- kragopwekker is by Noblepark-pompstasie geïnstalleer en ’n 25 kVa-kragopwekker is by Zwelethemba-pompstasie geïnstalleer. Die oorblywende groter kragopwekkers sal teen einde September afgelewer en geïnstalleer word. Die vereiste siviele werke is ook reeds voltooi.

Die projek is nog op skedule en die voltooiingsdatum bly 18 Oktober.

Die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) moet, soos alle munisipaliteite en alle Suid-Afrikaanse burgers, die vernietigende gevolge van beurtkrag hanteer, veral om die vallei se water- en riool-stelsels in werking te hou.

Die Wes-Kaapse provinsiale regering het ’n bedrag van R950 000 aan die Breedevallei-munisipaliteit toegeken ingevolge die 2022-’23- Nood- munisipale beurtkrag-verligtingstoelae. BVM het besluit om rugsteun-kragopwekkers vir die volgende kritieke water- en afvalwaterpompstasies te koop en te installeer:

. De Doorns-pompstasie (waterwerke) 400 kVA;

. Avianpark-pompstasie (riool) 450 kVA;

. Noblepark-pompstasie (riool) 35 kVA;

. Santa Weida-pompstasie (riool) 35 kVA; en

. Zwelethemba-pompstasie (riool) 25 kVA.

Die finansiering wat ontvang is, was nie voldoende nie en die BVM het finansiering van R11 735 000 bygedra.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article