Inwoners van Montagu en omliggende gebiede het Maandag en Dinsdag hul asem opgehou toe stormweer die vallei getref het. Hierdie foto is Dinsdagoggend geneem waar een van die laagwaterbrûe in Montagu so amper onder water was. Die Langeberg-munisipaliteit het ook op sy Facebook-blad gedeel van verskeie paaie en laagwaterbrûe wat in die Langeberg-gebied as gevolg van die swaar reën gesluit was. ’n Inwoner van Montagu het Dinsdagmiddag gesê dit begin plek-plek ooptrek en die reën het opgehou. Volgens hom het dit Maandag liggies begin reën, maar deur die nag het dit hard gereën. Foto: Norman Evertson


Brug so byna toe onder water

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article