Die Breedevallei-plaaswag, in samewerking met van die dorp se sekuriteitsmaatskappye, hou ’n inligtingsessie die komende Saterdag om 14:00 by die Nederduits Gereformeerde kerk in Worcester.

Die inligtingsessie sal handel oor persoonlike veiligheid en kwessies beantwoord soos:

  • Hoe beveilig ’n mens jou huis?
  • Wat kan gedoen word om ’n woonbuurt of huis veiliger te maak?
  • Watter sekuriteitsprodukte kan huise beveilig?
  • Watter selfverdedigingstaktieke kan geleer word?

Rig navrae aan Michelle Fourie by 074 291 2752 skakel die plaaswag se landlyn by 021 054 7666.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article