Die toneel waar ’n brandweerwa omgeslaan het in Leipoldlaan, Foto: Ishmail Towing


Brandweermanne van Worcester het vanoggend (3 Januarie) ’n noue ontkoming gehad toe hul brandweerwa omgeslaan het.

Die voorval het kort voor 13:00 plaasgevind op die hoek van Robertsonweg en Leipoldlaan.

Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor om ’n draai. Een insittende is lig beseer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article