Brandvlei krieketklub het die afgelope Saterdag (21 Januarie) teen De Doorns krieketklub op Bolandpark in Worcester gespeel. Brandvlei het die wedstryd gewen met 169/3 in 20 boulberute, terwyl De Doorns 166 (almal uit) aangeteken het in 20 boulbeurte. Die beste kolwers was Kerwin Noble met 81 lopies (nie uit nie), asook Mogammat America met 30 lopies (nie uit nie). Die beste bouler was H Hendricks met 2/18 in 2 boulbeurte.


Brandvlei wen teen De Doorns

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article