Brandvlei-krieketklub se A-span het die afgelope Saterdag (14 Januarie) teen Touwsrivier gespeel op Touwpark in Touwsrivier. Brandvlei het die loot gewen en Touwsrivier eerste ingestuur om te kolf. Touwsrivier het 133 in hul 20 boulbeurte aangeteken, en Brandvlei moes 134 lopies aanteken om die wedstryd te wen. Die beste kolwers was E. Bosman (39), A. Cupido (28) en R. Hendricks (21 lopies). Die beste bouler was M. America (4 paaltjies vir 19 lopies). N. Cupido het die wenlopies geslaan ná volgehoue druk deur Touwsrivier wat veroorsaak het dat Brandvlei die wedstryd gewen het met drie paaltjies.

Credit: SYSTEM

Brandvlei wen met drie paaltjies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article