Bonnievale sal die tuiste van een van die grootste skaakkompetisies hierdie jaar wees wanneer die Bonnievale Ope op 21 Oktober, met ’n totale prysgeld van R61 000 oor verskillende kategorieë, by die Jakes Gerwel Tegniese Skool aangebied word.
Die skaakkompetisie het ten doel om skaak in die Wes-Kaap, en spesifiek die Boland, te bevorder op ’n manier wat beide pret bied en belowend is. Meer as 400 spelers van oor die provinsie heen word verwag.
Volgens Stefan Pieterse, organiseerder van die Bonnievale Ope, is die toernooi ’n bewys van wat moontlik is as ’n hele gemeenskap bymekaarkom en hande vat om dit ’n werklikheid te maak.
“Almal het iets gegee, of dit fasiliteite, prysgeld of hulp met reëlings was. Dit is veral wonderlik om te sien hoe die plaaslike hoërskole saamwerk” het Pieterse gesê.
Daar is ses verskillende kategorieë (o.10, o.12, o.14, intermediêr, gevorderd en kampioenskap).
Volgens Paul Wilson, hoof-arbitrêr- en registrasie-offisier, is daar meer as 60 pryse oor alle kategorieë, en met spesifieke voorsiening vir dames is hierdie toernooi een van die grootste en mees winsgewendste toernooie in Suid-Afrika.
. Klik op die skakel https://tinyurl.com/yb7vaj38 om vir die toernooi te registreer.




