Die bekende Worcester-onderneming Boland Skryfbehoeftes in Hoogstraat vier vanjaar 21 jaar van toegewyde diens aan die Breederiviervallei-gemeenskap.

Boland Skryfbehoeftes verskaf die afgelope 21 jaar ’n wye verskeidenheid van allerlei skryfbehoeftes, kreatiewe toerusting, papier asook kantoormeubels.

Die eienaar en bestuurder, Joan Erasmus, sê die geheim van Boland Skryfbehoeftes se voorbehoud ná al hierdie jare is die feit dat hulle goeie, eerlike diens aan ou asook nuwe klante verskaf. Joan is sedert 2002 aan die stuur van die onderneming.

Boland Skryfbehoeftes het ‘n klein begin gehad en het deur die jare gegroei en bied vandag werk aan 14 mense en hul dienste word dwarsoor die Breederiviervallei van gebruik gemaak.

Buiten alledaagse skryfbehoeftes bied die onderneming kreatiewe toerusting vir allerlei kunsvorms en dies meer aan. Hulle is ook toegespits op alle nodige skryfbehoeftes vir skole.

Boland Skryfbehoeftes het deur die jare tred gehou met die al veranderende tendense, danksy tegnologie, van skryfbehoeftes en alles wat daarmee gepaard gaan.

Boland Skryfbehoeftes loop altyd die ekstra myl vir sy klante, en as hulle iets nie in voorraad het waarna iemand soek nie, sal hulle dit so gou moontlik opspoor en bestel. Erasmus sê in die geheel, asook in hierdie uitdagende tye, is Boland Skryfbehoeftes verbind tot goeie klantediens, innovering en gehalteprodukte.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article