Die wenspan vir die bok-in-die-hok-dag van Louw & Van Deventer-rekenmeesters was Boland Bouers.


’n Aksiebelaaide bok-in-die-hok-dag (dodgeball-dag) is Saterdag (29 Junie) by die Hoërskool Montana se velde deur Louw & Van Deventer-rekenmeesters aangebied.

Verskeie ondernemings het mekaar in ’n pretbelaaide dag uitgedaag om as Worcester se bok-in-die-hok-kampioen gekroon te word.

Geld wat op die dag ingesamel is, word aan die Herberg-kinderhuis in Robertson geskenk.

Die eerste plek en kampioene van die dag was Boland Bouers. FitFab Fitness was tweede en die derde plek is deur Worcester Bakwerke ingeneem. Die span wat die beste aangetrek was, was Integro. Die span met die meeste gees was Bushwakka Africa. Die Last man standing en die span wat die hangstaaf-uitdaging gewen het, was Luthando Booi, met die tweede plek aan Arno Rademeyer en die derde plek aan Errol Meyer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article